Aangebied deur Reandi Grey, tel Die TJAART! elke maand die Top 20 grootste Afrikaanse treffers in Suid-Afrika af.
Anders as tradisionele treffersparades, word die posisies nie deur menings of stemme bepaal nie, maar deur amptelike stroom- en kykdata.Die ranglys word saamgestel uit die Spotify-, YouTube- en YouTube Music-statistiek van die voorafgaande periode en bereken volgens die gemiddelde daaglikse strome en kyke om elke lied se finale posisie op Die TJAART! te bepaal.
Met ander woorde – julle luister en kyk, en ons tel. Die TJAART! is jóú show!